Sedert die stigting en ontstaan van ons skool, het Voorwaarts nog altyd die geleentheid geskep vir onderrig en leer. Onderwysers en ouers was deur die jare lojale en geliefde  mede-werkers en ondersteuners en het met ywer en entoesiasme bygedra om hierdie skool tot sy potensiaal te ontwikkel. Wie kan die heerlike wildsfeeste, konserte, kunsuitstallings, prysuitdelingfunksies en saamkuiers vergeet. Voorwaarts het ook eenmaal in samewerking met ‘n aantal van die plaaslike buurskole, aan ‘n kooropvoering in die Staatsteater deelgeneem. Die bekende Suid-Afrikaanse bokser, wyle Corrie Sanders, en Suid-Afrikaanse swemmer, Gerhard Zandbergh, het ook dikwels die skool besoek as oud leerlinge van die skool.

 Tydens die 90’s was daar verskeie suksesvolle skool- en sporttoere en byna al die leerlinge se ouers het die toere meegemaak as vrolike en ywerige ondersteuners.

Die bestuur het in 2003, met aanbeveling van die departement , die skool na dubbel-medium verander. Dit het ‘n hele nuwe karakter aan die skool gegee, wat ook noodwendig meegebring het dat ons leerlinge van verskillende kulture kon akkommodeer. Onderwysers het met hulp en bystand en groot sukses hard gewerk om nuwe situasies tot almal se voordeel te laat werk.

‘n Kleuterklas is ook begin en ‘n paar jaar later is ‘n graad R-klas bygevoeg. Ons moderne Inklusiewe Onderrigsentrum het ook bygedra om leerlinge te help om hul volle potensiaal te bereik.

Nuwe klaskamers en ‘n rekenaarsentrum is mettertyd aangebou om aan die groter aanvraag na nuwe tegnologie en vooruitgang te voldoen.

-anoniem

LAERSKOOL VOORWAARTS PRIMARY:

A HISTORY OF OUR SCHOOL